On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 47 000 kospakkies in NK versprei

───   19:00 Tue, 14 Apr 2020

Meer as 47 000 kospakkies in NK versprei | News Article
Inwoners van Rosedale - PHOTO: Roderick Titus

Die LUR vir Openbare Werke in die Noord-Kaap, Abraham Vosloo, sê 47 700 kospakkies gaan binne die volgende drie dae aan behoeftige gesinne regoor dié provinsie versprei word.


Vosloo het ook bygevoeg dat die departement besig is met die opgradering en instandhouding van al vyf die kwarantyngeriewe in die provinsie - wat die Postmasburg hospitaal in die Tsantsabane munisipale streek insluit. 

Hy sê alle LURe in die Noord-Kaapse Uitvoerende Raad is regoor die provinsie ontplooi om seker te maak dat die voedselhulp inwoners bereik. 

Vosloo het ook bygevoeg dat die verspreiding van valse inligting rakende die coronavirus gestaak moet word aangesien dit onnodige vrees onder inwoners aanjaag.

Intussen het honderde inwoners van Rosedale in die provinsie op die gemeenskapsaal toegesak waar hulle probeer om hulle name op 'n lys te kry met die hoop om 'n kospakkie te ontvang. 

Vosloo het ook aangekondig dat kriteria in plek is en slegs mense wat kwalifiseer kospakkies gaan kry. Lede van die polisie en weermag monitor die situasie.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.