On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Geldsake van NK-munisipaliteit onder vergrootglas

───   CATHY DLODLO 14:51 Thu, 16 Apr 2020

Geldsake van NK-munisipaliteit onder vergrootglas | News Article

Die geldsake van ‘n Noord-Kaapse munisipaliteit wat vir sowat drie agtereenvolgende boekjare geen vordering getoon het in sy ouditeursverslae nie, gaan binnekort onder die vergrootglas kom.


Dit volg nadat DA LP, Benedicta van Minnen, die Departement van Samewerkende Regering in ‘n geskrewe vraag in die Nasionale Parlement oor sy regruk-planne by die Joe Morolong Plaaslike Munisipaliteit, wat Kuruman insluit, gevra het. 

Sy wil weet hoekom dié munisipaliteit nie onder administrasie geplaas is nie aangesien die verslag van die Ouditeur-Generaal verswak het, ten spyte daarvan dat die munisipaliteit meer as R6 miljoen vir konsultante betaal het. 

Die departement het aangedui dat dit ondersoek gaan instel en die vraag in parlement sal beantwoord.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.