On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 1000 onderwysers in Sentraal SA het bedank

───   CATHY DLODLO 11:36 Tue, 21 Apr 2020

Meer as 1000 onderwysers in Sentraal SA het bedank | News Article

Sentraal Suid-Afrika het altesaam 1223 voltydse onderwysers in een jaar verloor as gevolg van bedankings uit die onderwyssektor in 2019.


Hierdie statistieke sluit nie die aantal onderwysers wat in dieselfde tydperk geskors is of diegene wat afgetree het, in nie. Die syfers is deur die nasionale Departement van Basiese Onderwys bekend gemaak.

Die departement se statistieke - wat gebaseer is op die regering se PERSAL-betaalstelsel – dui aan dat 435 onderwys in die Vrystaat, 444 in Noordwes en 344 het in die Noord-Kaap bedank het. Die departement sê baie onderwysers wat egter die afgelope agt jaar bedank het, het by Februarie vanjaar weer aangemeld vir die begin van die akademiese jaar.  Die bedankingsyfer van onderwysers is in ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement, vervat. In 2019 is die minste bedankings in Mpumalanga aangeteken teenoor die 1 654 onderwysers wat in Gauteng uit die bedryf bedank het.   

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.