Central SA
Skade aan skole eers na inperking bekend─── CATHY DLODLO 15:14 Tue, 21 Apr 2020
Die skade aan skoolgeboue in die Vrystaat – wat deurgeloop het onder vandaliste en inbrekers – sal eers aan die einde van die nasionale Covid-19 inperking bepaal kan word.
Dit volg nadat 16 skole in die provinsie geraak is deur 'n misdaadvlaag wat soos 'n veldbrand tydens die inperking oor die land heen versprei het. In sommige gevalle is skole in ander provinsies selfs aan die brand gesteek.
Woordvoerder van die provinsiale Onderwysdepartement, Howard Ndaba, het aan OFM Nuus gesê derhalwe die feit dat die departement nie vir dié herstelwerk kon begroot nie, kan dit ook 'n impak hê op skole se vermoë om klasse onmiddelik te hervat - afhangende van die skade aan die geboue.
OFM-nuus
