On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap man deur polisie gewond

───   12:51 Wed, 22 Apr 2020

Noord-Kaap man deur polisie gewond | News Article

Die gemeenskap van Sizamele in Port Nolloth dring aan op die afdanking van 'n polisielid nadat 'n man Sondagaand in die woonbuurt gewond is toe die polisie op hom geskiet het.


Volgens beskikbare inligting is die man deur die polisie voorgekeer terwyl hy kos by 'n familie lid gaan afhaal het. 

Die man sterk tans in die hospitaal aan, en 'n saak van poging tot moord word deur die Onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek. 

Die bevelvoerder vir die polisie in Port Nolloth, Kolonel Patrick Moyo was nie vir enige komentaar rakende die skietvoorval beskikbaar nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.