On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners in Noord-Kaap bekommerd oor water

───   15:38 Wed, 22 Apr 2020

Inwoners in Noord-Kaap bekommerd oor water | News Article

Inwoners wat van water vanuit 'n kanaal wat deur die Strausburg besproeingsraad bestuur word afhanklik is, sê nuus dat die kanaal Saterdag vir minstens twee weke afgeskakel gaan word, is teenstrydig met 'n aankondiging deur President Cyril Ramaphosa.


Die kanaal voorsien onder meer Ntsikilelo, Leseding, Louisvale en Raaswater van water. 

Die president het onlangs gesê dat die lewer van water en sanitasiedienste aan inwoners geprioritiseer sal word. 

Ramaphosa het gisteraand tydens 'n toespraak wat regstreeks uitgesaai is 20 biljoen rand bewillig - wat die lewer van water en sanitasie asook broodnodige voedsel en behuising vir haweloses insluit. 

Hulp sal ook aan die openbare vervoer industrie beskikbaar gestel word tydens die landwye inperking.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.