Central SA
Nog vyf #Covid19 gevalle in VS aangemeld─── ELSABÉ RICHARD 09:31 Sat, 25 Apr 2020
Vyf nuwe gevalle van Covid-19 is in die Vrystaat aangemeld wat die nommer nou op 111 te staan bring.
Geen nuwe gevalle is onlangs in die Noordwes en Noord-Kaap aangemeld nie.
Die aantal mense wat positief getoets het in die Noordwes is 25, terwyl slegs 16 positiewe gevalle in die Noord-Kaap aangemeld is.
Die Noord-Kaap bly steeds die provinsie met die laagte aantal infeksies in die land.
Gesondheidsmister, Zweli Mkhize het gister bekend gemaak dat daar nou 4 220 bevestigde gevalle van die coronavirus in die land aangemeld is. Dit is 'n toename van 267.
Mkhize het ook bekendgemaak dat die dodetal weens die virus nou op 79 staan.
OFM-nuus
