On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#Coronavirus: NK-man vas weens onwettige sigarette

───   07:10 Tue, 05 May 2020

#Coronavirus: NK-man vas weens onwettige sigarette  | News Article
Foto: Verskaf

Die polisie het 'n 31-jarige man in hegtenis geneem nadat sigarette ter waarde van R40 935 in sy besit gevind is.


Volgens polisiewoordvoerder Masay Gamaldien is 'n wenk van die publiek ontvang dat iemand onwettig sigarette verkoop, waarna die polisie 'n ondersoek gelas en op die vonds afgekom het. 

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op 'n aanklagte dat hy nie-noodsaaklike items tydens die nasionale inperking verkoop het. 

Die polisie waarsku diegene wat voortgaan om die wet te oortree deur sigarette en tuisgemaakte bier te verkoop, om dit te staak of vervolging in die gesig te staar. 

Die polisie het die inligting wat tot die verdagte se inhegtenisname gelei het, verwelkom.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.