On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#Coronavirus: Menseregtekommissie bekommerd oor sosiale distansiëring

───   11:31 Wed, 06 May 2020

#Coronavirus: Menseregtekommissie bekommerd oor sosiale distansiëring | News Article

Die menseregtekommisie in Upington se Advokaat, Chantelle Williams, sê dit is onaanvaarbaar om te sien dat besighede nie sosiale distansieering onder mense aanmoedig nie.


Williams het reageer op bewyse van ellelange rye by winkels en OTMs, waar mense saamdrom sonder om die nodige maatreëls te gehoorsaam. 

Sy sê dieselfde mense wat nie die erns van Covid-19 besef nie, is die mense wat die ergste hierdeur geraak sal word. 

Williams sê verder die onvermoeë van wetstoepasingsagentskappe om die inperkingsmaatreels af te dwing, skep 'n bron van kommer omdat die wet duidelik is rondom sosiale distansieering. 

Inwoners van Upington asook diegene van omliggende areas is gevra om gehoor te gee aan die oproep ten einde 'n ramp te vermy wat tot lewensverliese sal ly. 

Williams sê ook daar moet streng opgetree word teen persone wat sigarette en drank verkoop.

Intussen het die streeksdirekteur van gesondheid in die ZF Mgcawu distrik, Sameul Nnxazonke, gesê die harde werk wat sover deur die departement en ander regeringsdepartemente verrig is, is nutteloos indien inwoners nie hulle samewerking gee nie. 

Nxazonke het gereageer op berigte van lang rye mense by kettingwinkels en OTMs, sowel as die skynbare onvermoeë van winkeleienaars en banke om die nasionale inperking se regulasies af te dwing. 

Hy sê die coronavirus se impak op gewone mense kan nadelige gevolge hê indien mense se gedrag nie verander nie. 

Hy het benadruk dat die stryd teen die verspreiding van Covid-19 'n gesamentlike poging tussen die regering en die gemeenskap behoort te wees, en het 'n herhaalde beroep gedoen op gehoorsaamheid.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.