Central SA
SAPD sluit winkels by taxi-staanplek in Upington─── 17:00 Thu, 07 May 2020
Kleinsake-ondernemings is vroeg vanoggend deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) by die taxi-staanplek in Upington in die Noord-Kaap gesluit.
Dit volg nadat inwoners gister ná die uitbetaling van toelaes op dié winkels toegesak het.
Van die eienaars sê hulle verstaan nie waarom hulle winkels gesluit is nie, maar besef ook dat die onvermoë van kliënte om gesigmaskers te dra asook om sosiale afstand toe te pas nadelige gevolge kan hê.
Polisiewoordvoerder, Omphile Masegela, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
