Central SA
NK-polisie trek vermeende dwelmsmokkelaars vas─── 08:09 Fri, 08 May 2020
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Pabalelo, tesame met die plaaslike honde-eenheid, het inligting opgevolg en 'n 50-jarige man van Kongolese afkoms in hegtenis geneem.
Dit, nadat net meer as 10kg dagga ter waarde van meer as R70 000 in 'n minibus taxi, wat vanaf Johannesburg na Upington onderweg was, gevind is.
Die polisie het 'n tweede bus voorgekeer en 'n 64-jarige Suid-Afrikaanse man in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette met 'n straatwaarde van meer as R90 000 in sy reissak gevind is.
Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
In 'n aparte voorval is 'n minibustaxi wat vanaf Nieuwoudtville na Upington onderweg was, deur die polisie afgetrek en deursoek tydens 'n roetine-padblokade.
'n Man (47) man is in die proses in hegtenis geneem nadat hy in besit van 800 Mandrax-tablette ter waarde van R80 000 betrap is. Die verdagte sal in die Calvinia-landdroshof verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
