Central SA
NK-polisie trek verdagte vas vir dwelmsmokkelary─── 11:30 Fri, 08 May 2020
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 'n 56-jarige man van Johannesburg vroeg vanoggend by 'n padblokkade gearresteer.
Dit, nadat tik ter waarde van meer as R3,7 miljoen in 'n motorband van die bakkie waarmee hy gereis het, gevind is.
Polisiewoordvoerder Brigadier Mohale Ramatsheba sê die padblokkade by Calvinia in die Noord-Kaap was deel van die polisie se uitgebreide misdaadvoorkomingsoperasie om wetgewing rondom Covid-19 af te dwing.
Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en sal in die Calvinia-landdroshof verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
