On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Twee #Covid19-gevalle in ZF Mgcawu-streek aangeteken

───   17:19 Mon, 11 May 2020

Twee #Covid19-gevalle in ZF Mgcawu-streek aangeteken | News Article

Die gesondheidsdepartement in die Noord-Kaap se streeksdirekteur, Samuel Nxazonke, sê die jongste positiewe coronavirus-geval is in Lime Acres aangemeld.


Nxazonke sê dit bring die aantal positiewe gevalle in die ZF Mgcawu-streek op twee te staan met sowat 100 000 inwoners wat gesif is. 

Hy sê die gedrag van inwoners rakende die toepassing van die maatreëls is kommerwekkend omdat mense nie gehoor gee aan die oproep van sosiale afstande nie, asook om tuis te bly. 

Die departement sê hulle gaan onverpoos voort met die veldtog om die coronavirus hok te slaan. 

Die getal aktiewe coronavirus-gevalle in die provinsie is veertien nadat sestien mense van die virus herstel het.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.