Central SA
Twee vas vir onwettige sigarette in NK─── 17:45 Tue, 12 May 2020
Die misdaadvoorkomingseenheid van die polisie op Kathu, in die Noord-Kaap het twee buitelandse burgers inhegtenis geneem nadat onwettige sigarette ter waarde van R120 000 en R15 900 se kontant in hulle besit gekry is.
Die mans het ook tydens die polisie-operasie probeer om die beamptes om te koop.
Mashay Gamaldien van die polisie sê beide verdagtes is op die toneel, waar hulle die sigarette van een voertuig na 'n ander probeer skuif het, in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
