Central SA
Twee vas weens drank in NK-dorp─── 15:51 Wed, 13 May 2020
Die polisie in Upington in die Noord-Kaap het twee mans in hegtenis geneem nadat daar op drank ter waarde van meer as R48 000 in die Progress-woonbuurt beslag gelê is.
Die polisie het op inligting gereageer dat die mans drank verkoop tydens die inperkingstyd en op die drank beslag gelê.
Albei die mans sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.
Polisiewoordvoerder, Sampie Koopman, sê verskerpte optrede kan verwag word aangesien die polisie bewus is van die onwettige verkoop van drank en sigarette deur sommige inwoners en sakemanne.
Hy sê geen onderskeid sal tydens hulle optredes getref word nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
