Central SA
Vaaldam se watervalk daal─── CATHY DLODLO 15:26 Thu, 14 May 2020
Die Nasionale Departement van Water en Sanitasie het ‘n beroep op sake-ondernemings en huishoudings gedoen om water spaarsamig te gebruik veral tydens die coronavirus pandemie.
Inwoners word gevra om nie hulle ontsmettingsroetine aan te pas nie, maar tog ag te slaan om nie onnodig water te mors nie. Dit volg nadat dié departement oor die daling van damvlakke sy kommer uitgespreek het. Hieronder is die vlakke van die Vaaldam wat al hoe nader aan die 50% kapasiteit beweeg. Die departement het aangedui dat dié lesing laer is as die vlakke wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Hierteenoor het die Bloemhofdam ‘n kapasiteit van 99.5% aangeteken – hoër as sy vlak verlede week. Die departement sê die Katsedam se vlak het ook vandeesweek hoër gemeet.
OFM-nuus
