Central SA
Valke ondersoek VBS-belegging van NW munisipaliteit─── CATHY DLODLO 15:46 Thu, 14 May 2020
‘n Munisipaliteit in Noordwes wat miljoene verloor het in die VBS-bank skandaal kon nie die beampte wat daarvoor verantwoordelik was, intern aankla nie, want hy het toe reeds bedank.
Dit is volgens ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement. Nasionale Tesourie het aangedui dat die amptenaar – na wie die vinger gewys is in ‘n verslag deur die provinsiale tesourie – nie meer by die munisipaliteit werksaam is nie. ‘n Kriminele saak is teen die amptenaar – wie se naam nie bekend gemaak is nie – aanhangig gemaak. Die polisie se spesialis-eenheid – die Valke – ondersoek die saak. Die ondersoek deur Noordwes Tesourie het bevind dat altesaam vier munisipaliteite in dié provinsie altesaam R314 miljoen by dié bank belê het. Die ondersoek duur voort.
OFM-Nuus
