On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Planne vir skole Maandag bespreek

───   CATHY DLODLO 15:54 Thu, 14 May 2020

Planne vir skole Maandag bespreek | News Article

Planne vir die heropening van skole regoor die land gaan Maandag bespreek word wanneer Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, saam met haar provinsiale eweknieë vergader.


Tydens die vergadering gaan daar van LUR’e verwag word om die minister in te lig oor elke provinsie se gereedheid en planne vir die heropening van skole.

Die impak van ‘n nasionale misdaadvlaag waartydens daar by verlate skoolgeboue ingebreek en geplunder is - tydens die nasionale inperking - gaan ook na verwagting hoog op die agenda wees.

OFM-nuus het vroeër berig dat altesaam 16 skole in die Vrystaat is deur die misdaadvlaag geraak.

Vrystaatse Onderwys LUR, Tate Makgoe, het tydens ‘n aanlyn sitting van die Portefeuljekomitee vir Openbare Rekeninge in die provinsiale wetgewer gesê dat die departement dit oorweeg om tydelike werkers – vir die opknapping van dié geboue – aan te stel.

Motshekga het gesê dat verskeie provinsies reeds baie van die maatreëls in plek het – maar ander provinsies se vordering is gekniehalter deur die beskikbaarheid van persoonlike beskermingsbenodighede.

 

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.