Central SA
Sentraal SA het minste uitstaande grondeise─── CATHY DLODLO 16:18 Thu, 14 May 2020
Die Nasionale Kommissie vir die Herstel van Grondregte het die minste aantal uitstaande grondeise - wat nog afgehandel moet word – in Sentraal Suid-Afrika aangeteken.
Die Kommissie het vroeër vandeesmaand sy jaarverslag en doelwitte vir die 2020/2021 boekjaar aan die Portefeuljekomitee vir Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling voorgelê.
Altesaam 51 eise is in Noord-Kaap uitstaande en 37 in Noordwes. Die minste aantal eise landswyd is in die Vrystaat – met net 5 eise wat afgehandel moet word.
Die kommissie het aangedui dat die agterstand met eise die ergste in KwaZulu-Natal en in Mpumalanga is. Daar is onderskeidelik 3 415 en 1 412 sake wat die kommissie nog moet ondersoek en afhandel en meer as 7 700 landswyd.
OFM-nuus
