On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusSA: Burgers steeds in Namibië vasgekeer

───   09:08 Fri, 15 May 2020

#CoronavirusSA: Burgers steeds in Namibië vasgekeer | News Article

Terwyl daar in totaal 31 gevalle van die coronavirus in die Noord-Kaap aangemeld is, sukkel Suid-Afrikaanse burgers wat in Namibië vasgekeer is om terug te keer huis toe.


OFM-nuus het vertroulik verneem dat Suid-Afrikaanse burgers teruggestuur is van die Nakop-grenspos en nou op die Suid-Afrikaanse regering wag om klaring te gee oor wanneer presies hulle in die land toegelaat gaan word. Volgens inligting het 'n paartjie onlangs by die Nakop-grenspos die land binnegekom en is hulle tans in kwarantyn by die Eiland-vakansieoord. 

Samuel Nxazonke, die streeksdirekteur van die Departement van Gesondheid in die ZF Mgcawu-streek, sê hulle wag op die uitslae van toetse wat gedoen is by Augrabies en is hoopvol dat dit negatief sal wees. 

Drie gevalle is in die Dawid Kruiper munisipale gebied aangemeld terwyl mense herhaaldelik versoek word om gehoor te gee aan sosiale distansiering. Vroeër het die LUR vir Gesondheid, Mase Manopole, asook die Menseregtekommissie (MRK) se advokaat Chantelle Williams, hulle kommer uitgespreek oor die wyse waarop inwoners omgaan, veral met betrekking tot sosiale distansiëring en die oor en weer gekuier, ondanks pogings om wetgewing af te dwing. 

Nxazonke sê die gedrag van inwoners maak die regering se pogings om die verspreiding te beperk ongedaan.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.