On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Drie VS departemente druip drie jaar agtereenvolgens

───   CATHY DLODLO 18:00 Mon, 25 May 2020

Drie VS departemente druip drie jaar agtereenvolgens | News Article

Drie Vrystaatse regeringsdepartemente maak deel uit van ‘n lys van ses provinsiale en nasionale departemente wat vir drie agtereenvolgende boekjare uiters swak gevaar het met verskeie bevindinge teen hulle in die Ouditeur-Generaal se verslae.


Dit is volgens ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in parlement. 

Die Vrystaatse Departement van Landbou, die Departement van Sport, Kuns en Kultuur en die Kantoor van die Premier het die helfte van die lys van swak presteerders uitgemaak. 

Een Gautengse provinsiale departement en twee nasionale departemente het ook die lys gehaal. 

Die Departement van Openbare Dienste het aangedui dat die hoofde van al dié departemente nie in die 2016/17- tot 2018/19-boekjare prestasie-bonusse ontvang het nie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.