Central SA
Menseregtekommissie waarsku teen slenters─── 12:10 Wed, 24 Jun 2020
Die hoof van die Menseregtekommisie in Upington in die Noord-Kaap, Advokaat Chantelle Williams, sê slenters wat werksgeleenthede aan desperate jong mense aanbied, is baie keer verskuilde mensehandelbedrywighede.
Sy het die gemeenskap van Upington en omliggende dorpe - veral jongmeisies – gewaarsku oor werksgeleenthede wat in die Wes-Kaap aangebied word. Williams sê die jongste voorval waar werk aan jongmeisies by 'n bakkery in die Wes-Kaap aangebied word, is 'n slenter en mense moet die oorsprong van dié geleenthede naspoor aangesien sindikate juis in die tydperk hul teiken op jongmeisies stel.
OFM-nuus/Roderick Titus
