On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vir finansiële verligting, besoek Gemsbok Finansiële Dienste

───   14:37 Mon, 06 Jul 2020

Sponsored14:37 Mon, 06 Jul 2020
Vir finansiële verligting, besoek Gemsbok Finansiële Dienste | News Article

Gemsbok Finansiële Dienste is ‘n trotse familie-onderneming wat in 2007 gestig is.

Gemsbok bied kort-termyn kredietooreenkomste in die vorm van kontantlenings en ontwikkelingskredietooreenkomste, soos beskryf in die Nasionale Kredietwet van 2005. Die onderneming bied ook lenings aan wat spesifiek bedoel is vir bouwerk en verbeterings aan huise.

“Die hoogste bedrag wat Gemsbok Finansiële Dienste uitleen, is R10 000 en die kontantlenings is terugbetaalbaar oor ‘n tydperk van 1 tot 6 maande, terwyl die huislenings terugbetaalbaar is oor 7 tot 12 maande,” sê Marius Badenhorst, eienaar van Gemsbok.

“Die kontantlenings is vir onvoorsiene uitgawes wat mag opduik soos ‘n begrafnis, ‘n motor wat breek,ensovoorts. Die huislenings is om verbeteringe aan jou bestaande huis aan te bring, soos ‘n nuwe plafon, nuwe teëls of die verf van jou huis. Of jy kan oor’n tydperk ‘n hele huis bou deur stuk-stuk met elke lening aan te bou, Of jy kan dalk ‘n vertrek aanbou om uit te verhuur en sodoende ‘n passiewe inkomste te skep,” voeg hy by.

Gemsbok Finansiële Dienste se belofte aan sy kliënte is dat elke kliënt met respek en met eerlikheid behandel sal word en dat die personeel uit hul pad sal gaan om die kliënt se probleem op te los. Gemsbok spog met drie takke in Kathu, Kakamas en Upington.

Badenhorst sê dat almal so nou en dan kontantvloei-probleme ondervind. “Of ek as die eienaar nou my kredietkaart gebruik en sodoende geld by die bank leen, en of die kliënte geld by een van ons kantore kom leen; dit is nie ‘n skande om geld te leen nie. Ons sal alles in ons vermoë doen om kliënte te help om hul skuld by ons te bestuur sodat hulle nie in ‘n spiraal van skuld verval nie.

“Met ons lenings van 6 maande wil ons ook hê mense wat reeds by ander mikroleners in ‘n spiraal van maand-tot-maand-betalings vasgevang is, moet met ons kom praat en kyk of hulle eerder ‘n lening van ses maande kan vat en sodoende uit die maand-tot-maand-spiraal kan ontsnap. Ons wil ook mense help om hul huise mooier of groter te maak of selfs ‘n mooi huis uit die grond uit te bou,” het Badenhorst gesê. - Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za

Klik hier vir hulle video of besoek hulle Facebook blad vir meer inligting.

*Artikel verskaf

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.