Central SA
Brand bring Upington tot stilstand─── 16:09 Mon, 06 Jul 2020
PHOTO: Roderick Titus
'n Brand woed tans in die Upington-middestad in die Noord-Kaap en ontwrig die verkeer.
Die brandweer sê die brand het agter in die Robot-kettingwinkel begin en word deur die wind aangevuur. Die kompleks, wat 'n aantal winkels huisves, is in die brand beskadig terwyl brandweerspanne sukkel om die vuur te blus.
Sover bekend was daar geen beserings nie. Meer nuus sal volg.
OFM-nuus/Roderick Titus
