Central SA
Onwettige sigarette by brandtoneel ontdek─── 17:21 Mon, 06 Jul 2020
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Upington in die Noord-Kaap het tydens die afskorting en bystand aan die brandweer gedurende 'n brand op onwettige sigarette ter waarde van duisende rande afgekom.
Daar is op hierdie sigarette tydens 'n brand by die Robot-kettingwinkel in die middestad beslag gelê.
Polisiewoordvoerder, Sampie Koopman, was op die toneel en het aangevoer dat 'n breedvoerige verslag rondom die sigarette verskaf gaan word aangesien die polisie steeds op die toneel is waar hulle op die fonds beslag lê.
OFM-nuus/Roderick Titus
