Central SA
#CoronavirusNC: Bykans 70 onderwysers toets positief─── 18:00 Mon, 20 Jul 2020
Minstens 69 onderwysers en agt leerders in die Noord-Kaap het sedert die heropening van skole op 8 Junie vanjaar positief vir die koronavirus getoets.
Dit is volgens die provinsiale Departement van Onderwys wat verder bygevoeg het dat 84 skole sedert die uitbraak van die virus in die provinsie gesluit is.
Die provinsiale woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê 'n gesamentlike poging deur die onderwysdepartement en die Departement van Gesondheid is onderweg om te verseker dat die verspreiding van die virus in skole beperk word.
OFM-nuus/Roderick Titus
