On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Vaalharts staan moordverdagtes se moontlike borgtog teen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:40 Thu, 30 Jul 2020

Vaalharts staan moordverdagtes se moontlike borgtog teen | News Article

Boere en gemeenskapslede het Donderdag by Hartswater in die Noord-Kaap aan 'n optog deelgeneem om standpunt in te neem teen die moontlike vrylating van vyf verdagtes op borgtog in die moordsaak op die Brand-egpaar en hul dogter.


Die gemeenskap van Vaalharts en omliggende gebiede het vandag in 'n konvooi by die landdroshof in Hartswater saamgetrek waar dié verdagtes op aanklagte van onder meer moord op Danie, Breggie, en Elzabie Brand verskyn. Hulle is Sondag in hul huis op 'n kleinhoewe in die Magogong-gebied naby Hartswater in die Vaalhartsbesproeiingskema aangeval en ontvoer. 

Elzabie se liggaam is eerste in 'n beboste gebied naby Taung in Noordwes gekry. Van die verdagtes het die plek waar hulle haar liggaam gelos het aan die polisie uitgewys. Haar ouers se liggame is Maandagmiddag gevind. 

Agri Noord-Kaap ondersteun die optog en die president van dié organisasie, Nicol Jansen, sê hulle gaan baie sigbaar wees. "Hier is bakkies, trekkers, vragmotors, en motors op die N18 tussen Jan Kemp en Hartswater," het Jansen vroeër gesê. 

Die hofverrigtinge is uitgestel na 13 Augustus. Die verdagtes bly in aanhouding en soek verdere regshulp.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.