Central SA
Wateronderbrekings op die kaarte vir NK-dorp─── 18:04 Tue, 04 Aug 2020
Die Dawid Kruiper Munisipaliteit in Upington in die Noord-Kaap sê dat dit broodnodige opgraderingswerk aan die stad se watervoorsieningsnetwerk verrig.
Weens hierdie opgraderings sal talle inwoners geraak word.
Die woordvoerder vir die munisipaliteit, Patrick Williams, sê dele van Upington asook dele van die Kalahari-Wes en Melkstroom kan Vrydag wateronderbrekings ervaar.
Die opgraderings gaan tot September voortduur, met beplande herstelwerk op 19, 20 en 26 September by Pabalelo en die Beta- en Kalksloot damme.
OFM-nuus/Roderick Titus
