On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Leer julle provinsie ken - NK Toerisme LUR

───   10:30 Mon, 10 Aug 2020

Leer julle provinsie ken - NK Toerisme LUR | News Article

Die nuutaangewese LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Abraham Vosloo, het Noord-Kapenaars aangesê om die geleentheid te gebruik om hulle provinsie te leer ken deur by alle toerisme-aantreklikhede te besoek.


Vosloo sê 'n reiskultuur moet onder plaaslike inwoners aangewakker word, sodat die provinsie se ekonomiese omstandighede kan verbeter en mense terselfde tyd ook die aantreklikhede kan geniet wat soveel ander toeriste na die provinsie toe lok. 

Vosloo, 'n voormalige onderwyser, het ook die jeug aangemoedig om met nuwe idees vorendag te kom om hulleself te bemagtig, en so hulle onderskeie dorpe aantreklik te maak vir toerisme-geleenthede om die ekonomie te ondersteun. 

Hy verwelkom die nasionale aankondiging dat mense binne hul eie provinsies kan reis, aangesien die Noord-Kaap oor verskeie toeriste aantreklikhede beskik wat die provinsie se eie inwoners kan geniet.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.