On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Cosatu in Noord-Kaap dreig met staking

───   10:33 Mon, 10 Aug 2020

Cosatu in Noord-Kaap dreig met staking | News Article

Cosatu in die ZF Mgcawu streek van die Noord-Kaap volstaan by hulle voorneme om die gesondheidsektor lam te lê, mits die Departement van Gesondheid nie aan hulle eise voldoen nie.


Die vakbond het vroeër die departement gevra om gesondheidsorg fasiliteite van die nodige persoonlike beskermingstoerusting te voorsien om die veiligheid van hulle lede en die van pasiente tydens die Covid-19 pandemie te verseker. 

Cosatu sê hulle hou die vordering van die Departement dop terwyl hulle voorberei om oor te gaan tot hulle beplande aksie. 

Instellings wat geraak gaan word indien die optrede voortgaan, is die Dokter Harry Surtie-, Keimoes-, Kakamas- en Henhardt hospitale. 

Die departement het intussen gevra vir ingryping met betrekking tot die voorsiening van die beskermingstoerusting by alle mediese fasiliteite landswyd.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.