On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse regering 'moet sokkies optrek'

───   CATHY DLODLO 08:52 Thu, 27 Aug 2020

Vrystaatse regering 'moet sokkies optrek' | News Article
Photo: Prasesh Shiwakoti Lomash/Unsplash

'n Senior afvaardiging van die Vrystaatse Regering, wat voor die parlement se Portefeuljekomitee vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake verskyn het, is oor die kole gehaal vir die provinsie se hantering van die Covid-19 pandemie.


Die provinsie is aangesê om sy herstelkoers vir die siekte drasties te verbeter. 

Die afvaardiging, wat deur waarnemende Premier Mamiki Qabathe gelei is, moes bontstaan om vrae van parlementslede te beantwoord oor hoekom die provinsie se herstelkoers van 60% aansienlik laer is as die nasionale herstelkoers van 82%.

Een van die probleme wat uitgelig is, is dat daar te min van Covid-19 kwarantyn-persele, wat juis hiervoor ingerig is, gebruik gemaak word. 

Die perseel in Fezile Dabi het altesaam 105 beddens beskikbaar, maar net vier is gebruik. 

Die streek met die hoogste infeksiekoers is Lejweleputswa, maar hier is net 108 beddens van die beskikbare 195 beskikbare beddens gebruik. 

Hierteenoor is die persele in Thabo Mofutsanyana en Mangaung net effens besiger, maar dit word nog steeds nie tot volle kapasiteit gebruik nie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.