Central SA
Departement ontken dat NK onderwysers móét terugkeer─── 09:56 Fri, 04 Sep 2020
Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys ontken dat onderwysers wat hoë risiko-gevalle is indien hulle Covid-19 opdoen, aangesê is om na skole terug te keer.
Dit volg nadat 2 044 onderwysers met komorbiditeite aansoek gedoen het om van hul huise af te werk.
Die departement se Geoffrey van der Merwe sê van die 2 044 aansoeke is slegs 1 110 goedgekeur.
Hy sê die departement het die behoefte in ag geneem om onderwysers met komorbiditeite in kritieke vakke tegemoet te kom.
Hy voeg by die departement is bewus van die enorme koste-implikasie en sal assistente aanstel wat 'n basiese loon sal ontvang om seker te maak dat alles by skole vlot verloop.
OFM-nuus/Roderick Titus
