On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Tientalle babas, kinders sterf in NK hospitale sedert inperking

───   10:01 Fri, 04 Sep 2020

Tientalle babas, kinders sterf in NK hospitale sedert inperking | News Article
PHOTO: Bloemfontein Courant

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê terwyl die land fokus op Covid-19 verwante sterftes, het 56 kinders onder die ouderdomme van vyf jaar in Noord-Kaapse openbare hospitale gesterf sedert die aankondiging van die nasionale inperking.


Volgens Mkhize het altesaam 39 pasgebore babas in die provinsie se hospitale gesterf terwyl nog 17 kinders tussen die ouderdomme van een tot vyf maande dood is.

Die minister sê verder dat die meerderheid sterftes weens voortydige geboortes, infeksies en 'n naelstring om die nek is.

Diaree, longontsteking, septisemie (of bloedvergiftiging) en MIV/Vigs is ook volgens die minister van die groot bydraende faktore tot die sterftes.

Elf sterftes is in hierdie tydperk by die Dr. Harry Surtie-hospitaal se neonatale eenheid aangemeld.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.