Central SA
Renosterberg-munisipaliteit onder administrasie─── 09:16 Fri, 11 Sep 2020
Die Noord-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Bentley Vass, sê die Renosterberg-munisipaliteit by Petrusville in die Pixley Ka Seme-streek is onder administrasie geplaas.
Dit, ná verskeie pogings om die sukkelende munisipaliteit geleentheid te gee om sy skuld van meer as R80 miljoen aan Eskom te vereffen.
Vass sê die besluit volg nadat amptenare van die munisipaliteit by twee geleenthede nie vergaderings bygewoon het óf redes vir hulle afwesigheid kon verskaf nie.
Hy belowe dat daar opgetree sal word teen enige persone wat by wanadministrasie betrek word. Vass voeg by die gemeenskap kan nie vir dienste betaal sonder dat hulle dienste van die munisipaliteit ontvang nie.
Besteding deur die munisipaliteit word ondersoek, terwyl gesprekke met Eskom gevoer word oor hoe om die ligte aan te hou.
OFM-nuus/Roderick Titus
