On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Woedende #Capitec-kliënte wend hulle tot sosiale media

───   16:25 Fri, 11 Sep 2020

Woedende #Capitec-kliënte wend hulle tot sosiale media | News Article
Twitter

Ná 'n tegniese fout is Capitec Bank in die spervuur nadat duisende van die bank se kliënte ongemagtigde aftrekkings uit hul rekeninge gehad het.


Dit het daartoe gelei dat baie van die bank se kliënte woedend was oor die fout en hulself tot sosiale media gewend het om te eis dat hul geld terugbetaal word. Bedrae van tussen R100 tot sowat R1400 is uit kliënte se rekeninge geneem volgens skermgrepe wat op Twitter gepubliseer is.

Een Twitter-gebruiker, Rotondwa Mudau, het gesê sy het haar laaste vervoergeld verloor en as gevolg hiervan 'n eksamen gemis.

Capitec het 'n verskoning uitgereik en gesê die transaksies sal binne die volgende 24-uur omgekeer word.

Die bank sê hulle is bewus van 'n tegniese kwessie tussen Capitec en 'n ander bank wat veroorsaak het dat Capitec-kliënte wat hierdie bank se kaartmasjiene gebruik het, se geld twee keer afgetrek is. 

Verder het die bank sms-boodskappe aan betrokke kliënte gestuur, en sê hulle werk saam met die ander bank om die kwessie op te los en vra om verskoning vir enige ongerief.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.