Central SA
#CoronavirusNC: Skool heropen ná ontsmetting─── 07:11 Mon, 14 Sep 2020
Die Carlton van Heerden Sekondêre Skool sal Woensdag sy deure open vir klasse, nadat 'n personeellid by die skool vroeër positief getoets het vir Covid-19.
Spanne is besig om die skool te ontsmet voordat dit Woensdagoggend vir personeel en leerders geopen sal word. Graad 9-leerders sal dan aanmeld, gevolg deur graad 11 die volgende dag.
Die aangepaste eksamenrooster vir matriekleerlinge gaan voort, terwyl daar na verneem word verdere veranderings aangekondig kan word.
Die Rosendal Intermerdiëre Skool moes vroeër verlede week ook tydelik sluit vir ontsmetting, sowel as die Saul Damon Tegniese Skool.
Die Departement van Onderwys se woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê die veiligheid van onderwysers en leerders bly die departement se verantwoordelikheid.
OFM-nuus/Roderick Titus
