On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Moordverdagte in NW-hof verwag

───   12:05 Mon, 14 Sep 2020

Moordverdagte in NW-hof verwag | News Article

'n Jong man wat weens die besit van 'n menslike liggaamsdeel in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag in die Molopo-landdroshof in Mmabatho, Noordwes, verskyn.


Die 25-jarige verdagte se hofverskyning volg ná sy ingehtenisname Saterdagaand nadat die polisie gereageer het op 'n wenk dat die verdagte sy ma vermoor het en haar kop in 'n sak rondgedra het. Die polisie het die sak in die verdagte se besit gevind en 'n menslike kop daarin gevind. Die verdagte is toe in hegtenis geneem nadat hy na bewering erken het dat hy sy ma op Maandag 7 September 2020 in Hercules, Pretoria, vermoor het.

Die verdagte sal ná die hofverskyning vandag na Pretoria oorgeplaas word op 'n klag van moord. Die motief van die voorval is onbekend en die ondersoek na die saak duur voort.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.