Central SA
Khoisan-gemeenskap beplan optog teen dwelms─── 07:34 Wed, 16 Sep 2020
Die leier van die Khoisan-beweging in die Noord-Kaap, Stanley Peterson, sê hulle gaan kragte saamspan met hulle nasionale eweknie - Action for Change - om ‘n optog te hou teen die vlaag van dwelmhandel, wat hulle sê Noord-Kaapse dorpe verwoes.
Peterson sê hulle is moedeloos omdat, luidens hulle, sekere buitelanders voortgaan met hul onwettige bedrywighede.
Action for Change se Nandisa Gschwari sê hulle gaan betoog teen dwelmverwante probleme en 'n voorval waar 'n man vroeër probeer het om ‘n vierjarige meisie by 'n restaurant in Roodepan te ontvoer.
Peterson sê massa-uitsetings van persone wat met dwelmhandel verbind word, word ook beplan.
OFM-nuus/Roderick Titus
