On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse Gesondheidsdepartement gereed vir vlak 1

───   15:42 Wed, 16 Sep 2020

Vrystaatse Gesondheidsdepartement gereed vir vlak 1 | News Article

"Die Gesondheidsdepartement se verantwoordelikheid was nog altyd om die stelsel te versterk om die uitdaging wat die koronavirus inhou te weerstaan, terwyl dit ook die algemene siektelas in die Vrystaat en Suid-Afrika verlig."


Dit is volgens die Vrystaatse Gesondheidsdepartement se woordvoerder, Mondli Mvambi, en volg op die nuus dat President Cyril Ramaphosa die land vanaand sal toespreek oor die moontlikheid om na Vlak 1 van die nasionale inperking te skuif met die goedkeuring van beperkte internasionale reise. Mvambi glo dat, wat ook al Ramaphosa se besluit is, dit op wetenskaplike bewyse gegrond sal wees.

Die departement raai steeds alle persone aan om die nuwe normaliteit te omhels deur sosiale afstande te behou, vensters oop te maak vir lug om vrylik te vloei, hande met lopende water en seep te was, handreinigers te gebruik, in die holte van jou elmboog te hoes, en die algemene omgewing skoon te hou ente ontsmet. 

Die provinsie se Covid19-sale in gesondheidsinstansies is 'n belegging en 'n stap in die regte rigting om gesondheidsorgstelsels te versterk. Mvambi moedig mense aan om vroeg hulp te soek en nie veranderinge in hul gesondheid as niks af te maak nie.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.