On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Gebruik water verantwoordelik, vra DWS

───   13:21 Mon, 21 Sep 2020

Gebruik water verantwoordelik, vra DWS | News Article

Die Vaaldam, Suid-Afrika se tweede grootste dam wat oppervlakte en vierde grootste wat volume betref, se watervlakke daal steeds.


Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) sê in 'n verklaring dié dam se watervlakke het verlede jaar hierdie tyd op 57,6% gestaan, terwyl damvlakke nou op 36% staan. Ander damme wat vandeesweek 'n daling getoon het, sluit in die Grootdraai- en  Bloemhof-damme. Die Grootdraaidam se watervlak het van 78% tot 77,7% gedaal. Ten spyte van die afname, is die huidige vlakke van dié dam in 'n beter toestand in vergelyking met verlede jaar toe vlakke op 60% gestaan het. Intussen staan watervlakke van die Bloemhofdam op 94,4%, teenoor die 95.3% verlede week. Dit is wel hoër as die 93.2% in dieselfde tydperk verlede jaar. 

Die Sterkfonteindam, wat 'n reserwedam in die Vrystaat is, is vandeesweek 'n effens hoër - dit het van 93,9% tot 94,0% verhoog. 

Die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel (IVRS) is steeds in 'n stabiele posisie om die druk te weerstaan weens 'n paar kritieke damme in die stelsel wat 'n afname in vlakke toon.

Een van die belangrikste stelsels in die land bestaan uit 14 damme oor verskeie provinsies heen. Die stelsel is noodsaaklik vir 'n aantal groot ondernemings wat die ruggraat is, nie net van die land se ekonomie nie, maar die hele Afrika-vasteland.

Ten spyte van sy daling vandeesweek van 59,7% na 59.1%, is die IVRS steeds volhoubaar. Die stelsel was stewiger in die voorafgaande jaar tydens dieselfde week toe dit op 65,0% gestaan het. 

Die departement wil verder benadruk dat gegewe die stelsel (IVRS) redelik stabiel bly, die Vaaldam deur die stelsel ondersteun sal word. Dit beteken egter nie dat watergebruikers water buitensporig moet gebruik nie. want dit kan druk op die stelsel plaas. 

Die departement raai watergebruikers aan om nie paniekerig te raak weens verslegtende vlakke in die Vaaldam nie, maar om voort te gaan om water verstandig en spaarsamig te gebruik.

Die department doen 'n beroep op watergebruikers om pogings aan te wend om die waterbron te bewaar.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.