Central SA
OFM groet die dapper klein Peet─── 14:41 Mon, 21 Sep 2020
Peet Pretorius, 'n dapper seuntjie van Welkom in die Vrystaat, wie se drome in 2018 waar geword het toe hy die Springbokkaptein by die Toyota-stadion in Bloemfontein ontmoet het, is oorlede.
Peet se Ma, Maryke Pretorius, het tydens 'n onderhoud met OFM gesê sy ervaring was onwerklik, want hy het die voorreg gehad om op die rugbyveld te hardloop met die Wêreldbeker- Springbok-wenkaptein, Siya Kolisi. Die dag voor dit het hy ook die voorreg gehad om een van die span se oefensessies by te woon, Die ervaring was oorweldigend en hy kon nie ophou daaroor praat nie, sê Maryke.
Peet, wat 'n lewensgevaarlike siekte beveg het, is in die intensiewe sorg-eenheid opgeneem ná 'n hartstilstand, volgens die nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie Arms of Mercy. Hy het ook asemnood gehad en daar was niks wat die dokters kon doen nie. Maryke sê haar seun sal altyd onthou word vir sy glimlag en die lewensveranderende invloed wat hy op almal se lewens gehad het met wie hy in kontak was.
OFM se gedagtes en gebede is met sy ouers, familie, vriende en almal wat lief was vir die klein dapper vegtertjie, Peet.
OFM-nuus/Blaine Jones
