On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Taxi-staking ontwrig Upington

───   08:27 Tue, 22 Sep 2020

Taxi-staking ontwrig Upington | News Article

Taxi-pendelaars in Upington in die Noord-Kaap was van vroeg Dinsdagoggend gestrand weens 'n staking deur die taxi-verenigings in die dorp.


Groot getalle pendelaars moes te voet by hulle werksplekke kom terwyl taxi-bestuurders paaie versper en verkeer na die sentrale sakegebied ontwrig het. 

Die staking kom te midde van bewerings dat die plaaslike munisipale verkeersdepartement niks doen in verband met die roof-taxibedryf nie, wat volgens plaaslike Santaco-sekretaris, Vernon Oor, die bedryf lamlê. 

Oor sê roof-taxi's ontneem geregistreerde taxi-eienaars van hulle inkomste, terwyl hulle ook nie belasting betaal nie. Hy voeg by hoewel hulle begrip het vir die ontwrigting, is hulle geen ander keuse gelaat nie. 

Die staking sal onbepaald voortduur indien die owerhede nie ingryp nie, het hy bygevoeg. Die Dawid Kruiper-munisipaliteit se woordvoerder, Patrick Williams, sal later kommentaar lewer oor die bewerings dat daar niks gedoen word wat die roof-taxi's betref nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.