Central SA
#CoronavirusNC: Virtuele begrafnisdiens vir bekende polisieman─── 12:00 Tue, 29 Sep 2020
Die begrafnis van die ontslape gemeenskapsleier en lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Upington in die Noord-Kaap, brigadier Sampie Koopman, gaan Saterdag, 3 Oktober op sosiale media uitgesaai word.
Dit, in 'n poging om getallebeheer toe te pas ingevolge die Covid-19 inperkingsmaatreëls.
Verskeie organisasies gaan die week medelye toon aan Koopman se gesin nadat hy Saterdag sy stryd teen Covid-19 verloor het.
Die familie gaan Vrydagmiddag om twee-uur die gemeenskap die geleentheid gee om afskeid van Koopman te neem deur 'n verbyry-gedenkdiens by sy huis in Dr Nelson Mandela-rylaan.
Die Koopman familie bedank die gemeenskap vir hulle ondersteuning en boodskappe van medelye wat steeds instroom.
OFM-nuus/Roderick Titus
