Central SA
Honderde roubeklaers in NK verwag─── 09:46 Wed, 30 Sep 2020
Honderde inwoners van regoor die ZF Mgcawu-streek in die Noord-Kaap sal na verwagting Donderdag die roudiens van die bekende ontslape polisieman, Sampie Koopman, bywoon.
Dié roudiens, wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gereël word, sal na verwagting môreoggend by die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion in Upington gehou word.
Volgens die polisie gaan hulle plek maak vir minstens 500 lede van die gemeenskap, wat lede van die polisie insluit.
Hekke by die stadion gaan reeds om agt-uur open. Die polisie doen egter 'n beroep op inwoners om kinders liefs tuis te los asook om aan die voorgeskrewe maatreëls te voldoen deur 'n masker te dra en sosiale distansiëring toe te pas.
Koopman word Saterdag ter ruste gelê.
OFM-nuus/Roderick Titus
