On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNC: Dokter se toestand ernstig maar stabiel

───   12:08 Wed, 30 Sep 2020

#CoronavirusNC: Dokter se toestand ernstig maar stabiel | News Article

Die hoof van die Dr. Harry Surtie-hospitaal, George Isaacs, sê die toestand van die spesialis-dokter in beheer van Covid-19 pasiënte by dié hospitaal, Michael Rodriguez, bly ernstig maar stabiel.


Dit kom nadat Rodriguez gister weens Covid-19-verwante komplikasies na 'n hospitaal in Kimberley gehaas is vir mediese hulp. 

Rodriguez is 'n bekende gemeenskapsgeneesheer in die Dawid Kruiper munisipale streek.

Isaacs het die boodskape van bemoediging verwelkom en 'n beroep gedoen op mense om verantwoordelik te wees wanneer hulle inligting op sosiale media plaas. 

Hy vra dat die gemeenskap die families van diegene wat mediese hulp ontvang en wat weens die virus oorlede is, respekteer. 


OFM-nuus/Roderick Titus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.