On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Tweede NK-polisieman in skietvoorval dood

───   12:22 Wed, 30 Sep 2020

Tweede NK-polisieman in skietvoorval dood | News Article

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Upington in die Noord-Kaap se openbare orde-eenheid is geruk deur die dood van 'n lid vanoggend by die Smarties-woonbuurt in Rosedale.


Volgens 'n betroubare bron is die lid vroeër vanoggend dood aangetref nadat hy homself na bewering geskiet het. 

Die hoof van kommunikasie by die Rosedale polisiestasie, Gerhard Mouton, bevestig dié insident en voeg by dat 'n geregtelike doodsondersoek gedoen word. 

Hy sê verdere besonderhede sal later bekend gemaak word. 

Dit kom minder as twee weke nadat 'n polisiebeampte by die Nakop grenspos in die Noord-Kaap homself ook na bewering doodgeskiet het. 

OFM-nuus het vroeër berig die 26-jarige-lid het na die koppies naby die wooneenhede gegaan waar hy vermoedelik selfdood gepleeg het. Polisie woordvoerder, Sergio Kock, het aan OFM-nuus gesê 'n ondersoek na die presiese omstandighede rondom sy dood is van stapel gestuur.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.