Central SA
Brand verwoes Kuruman-stadsaal─── 09:31 Thu, 01 Oct 2020
Facebook: Christian Grobler
Die stadsaal en 'n gedeelte van die munisipaliteit by Kuruman in die Noord-Kaap is in puin gelê nadat 'n brand uitgebreek het.
Die brand het na bewering om 16:30 uitgebreek en was teen 18:00 geblus.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend en geen beserings is aangemeld nie.
Kolonel Kenny Baloi van die Kuruman polisie was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
