Central SA
#CoronavirusNC: Mediese toestand van dokter bevredigend─── 11:30 Thu, 01 Oct 2020
Die mediese toestand van 'n bekende spesialis in beheer van pasiënte wat weens Covid-19 by die Dr. Harry Surtie-hospitaal in Upington in die Noord-Kaap opgeneem is, is bevredigend.
Dit kom nadat Dr. Michael Rodriguez vroeër vandeesweek weens Covid-19-verwante komplikasies na 'n hospitaal in Kimberley gehaas is vir mediese hulp. Die kliniese hoof by die Upingtonse hospitaal, George Isaacs, sê Rodriquez sterk goed aan nadat hy met die virus gediagnoseer is.
Rodriguez is 'n bekende gemeenskapsgeneesheer in die Dawid Kruiper munisipale streek.
OFM-nuus/Roderick Titus
