On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

VS-moordverdagtes in hof verwag

───   14:00 Fri, 02 Oct 2020

VS-moordverdagtes in hof verwag | News Article

Twee verdagtes sal na verwagting Dinsdag 6 Oktober 2020 weer in die Virginia-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, sê Vrystaatse polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele.


Dit kom nadat hulle op 30 September 2020 op dieselfde aanklagte in die hof verskyn het. Die twee verdagtes word beskuldig van die moord op 'n 38-jarige Nigeriese burger, Osondo Enwerem, wat in Augustus deur sy vriendin as vermis aangemeld is, bevestig Makhele. 

Daar word verder beweer dat die verdagtes na 'n spoorlyn tussen Kroonstad en Hennenman gery het waar hulle die slagoffer se liggaam verbrand het voordat hulle met sy voertuig van die toneel gevlug het. Die beskuldigdes het items uit die oorledene se motor gesteel en dit by 'n woning in Meloding gelos. 

Die polisie het intelligensie-gedrewe inligting opgevolg wat gelei het tot die inhegtenisneming van die twee verdagtes op Sondag 27 September 2020. Tydens die ondersoek is items wat uit die oorledene se motor gesteel is, by een van die verdagtes se woning gekry. 

Malehola Marasi (59), een van die verdagtes se ma wat by dié woning was, is in hegtenis geneem en aangekla van die besit van vermeende gesteelde eiendom. Sy het gister in die Virginia-landdroshof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat om weer op 14 Oktober 2020 te verskyn.

Daar word beweer dat die slagoffer na Sloja in Meloding gegaan het om by sy vriendin te gaan kuier, sê Makhele. Met sy aankoms daar het hy haar saam met twee ander mans gevind. 'n Stryery het tussen Enwerem en die twee mans ontstaan waarna hulle na bewering die slagoffer aangerand en vermoor het. Die verdagtes het na bewering sy liggaam met 'n gordyn toegedraai en na Hennenman gery in die slagoffer se swart Kia Picanto, waar hulle petrol by een van die vulstasies gekoop het voordat hulle die slagoffer se liggaam verbrand het. 

Op Dinsdag 8 September 2020 is Enwerem se liggaam deur 'n verbygaande treindrywer gesien. Hy het die spoorwegsekuriteit ingelig, wat die Hennenman-polisie ontbied het. 'n Saak van moord word verder ondersoek.


OFM News/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.