On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Eskom gaan elektrisiteit na NK-skool herstel

───   ELSABÉ RICHARD 12:08 Mon, 05 Oct 2020

Eskom gaan elektrisiteit na NK-skool herstel | News Article

Eskom het vanoggend bevestig dat dit kragtoevoer na een van die skole in die Noord-Kaap gaan herstel.


Dit kom nadat Steinkopf Hoërskool en koshuis in die Namakwaland-streek sonder elektrisiteit gelaat is vir meer as 11 weke. Die provisiale woordvoerder vir die onderwysdepartement, Geofrey van der Merwe, het vroeër aan OFM-nuus gesê dié skool se elektrisiteitstoevoer is afgesny weens ‘n agterstallige Eskom-rekening. As gevolg hiervan, is talle koshuis-leerders in die donkerte gelaat en moes deur plaaslike inwoners gehuisves word. ‘n Ouer van ‘n Graad 8-leerling by dié skool, Paulette Carsten, sê die kragtoevoer na die koshuis was nog nie gister herstel nie, en sy is bekommered oor die skoolwerk wat leerders steeds moet inhaal voor vanjaar se eindeksamen.

“Dit is baie kommerwekkend vir ons as ouers as jy nou dink jou kind moet toets skryf en hy het geen les gekry nie” sê Carsten. Sy verduidelik verder dat haar seun gister by die koshuis aangemeld het nadat klasse reeds op 24 Augustus moes hervat het. Carsten sê ouers is die versekering gegee dat die department die agterstalige elektrisiteitsrekening betaal het en dat ligte by die skool en koshuis weer aan sal wees.

OFM-nuus het vroeër berig alhoewel die departement verlede week ekstra fondse vir die betaling van die rekening beskikbaar gestel het, die skool steeds in donkerte gehul is. Van der Merwe het ook onthul dat matrikulante wat terug moes keer skool toe – nadat klasse opgeskort is weens die coronavirus-pandemie - deur inwoners gehuisves word.

Hy het ook bygevoeg dat dié hoërskool een van die vele skole in die provinsie is wat die departement jaarliks finansiëel moet uithelp weens hulle agterstallige skuld by Eskom.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.